Jack Parow - Merry Xmas Şarkı Sözleri

Joy to the World, Jack Parow bra is come
Wat ek wil he vir Kersfees is 'n groot vet chain
Met 'n plaque aan die einde wat sê dik blerrie main
'n kar met suspension en swart getinte vensters
'n boot vol speakers met 'n sub in die centre

Bel vir Mister Krismis en sê hy moet by my kom klop
Niks melk en koekies nie net 'n stywe dop
'n lekker bord braaivleis met Parow Braaisous
Inruil vir goue tande in my Krismiskous

'n fontein vol brannas en 'n swembad vol Coke
'n kamer vol choclates en 'n boot vol smokes
'n lekker groot TV en 'n Playstation 3, 'n Xbox 360 en 'n Nintendo WII

Ruil my bierpens vir 'n sixpack en my Golf vir 'n Merc
Laat Gizelle Bundchen met my kom flirt
Ek was soet gewees heel jaar; vra my ma
So ruil my flat vir 'n huis met 'n fully stocked bar

Gee my gammon, gee my boud, gee my Krismiskoek
Maak my arms bietjie sterker en my side-step goed
Maak my bankrekening vetter en my golf-swing great
Maak my vriende gelukkig en my vyande spyt

Gee my net goeie tye in die Nuwe Jaar wat kom
En maak my fans net louder en my critics stom
Gee my sake vol ringe en 'n pure gold cane
Gee my 'n diamond wat jy moet oplig met 'n crane

Maak my jaar vol toere en my lewe vol fun
Sit klomp wyn in my glas en steaks in my pan
Gee my 'n huisie by die see en 'n bootjie op die dam
Laat die vet beats drop en die biltong hang

Maak my lewe vol sunshine en klomp lekker songs
Maak die good times langer en die tough times gone
So merry blerrie Krismis en happy happy times
Met sakke vol persente en dik goeie vibes
Bu şarkı sözü 205 kere okundu.